Paaie, pandamonium en persepsies

Paaie, pandamonium en persepsies

Dis 00:12 die aand op ‘n doodgewone donderdag… Ek het opgestaan met ‘n pyn in my keel. Deur die dag word dit progressively erger en maak nie saak hoe ek bid nie, geen pille help vir baie lank nie.

Nou sit ek 00:12 wakker in my bed na 2 ure se rustelose slaap, geirriteerd en moeg en seer, kan nie eers lekker sluk nie. So besluit ek maar om te kyk wat gaan op Facebook aan… Een van die UP bende het ‘n bybelvers op fb gesit wat my hartsnare roer, ek comment en naderhand gaan die gesprek op bbm aan.

As ek die laaste jaar op een manier moet beskryf sal ek een van my sielsusters se gunsteling woorde moet gebruik… Pandamonium… Dit was wild, dit was wakker, seer, sielsversteurend, sielsverskeurend op plekke en dan op ‘n plek is jy so gestrip, jy sit in ‘n donker vertrek in ‘n bondeltjie met net ‘n straal maanlig wat jou helder verlig.

Dan begin die opbou proses. Nie dat jy dit op daardie tydstip weet nie… Eers as jy verder aan op die lewenspad staan en terugkyk besef jy wat werklik gebeur het en hoe als soos ‘n legkaart in die regte gleuwe pas…

As jy terug kyk is dit afdraande, was beslis nie afdraande om hier te kom nie. Nee boetie jy kort KUITE en ‘n stretcher vir ingeval. Dan op ‘n vreemde en wonderlike manier kronkel iemand anders se pad oor joune. Hier waar jy nou staan kan jy ook hulle rit sien, jy het beter begrip van hoekom hulle is wie hulle is en hoekom jou pad deur die valleie en klowe moes loop toe hy so gedoen het met soveel dramatiese “flare”. Jy sien dan ook die minder mooi deel van groei, hoe jy met careless woorde die na-aan jou kwes, al was dit nie jou bedoeling nie. En dan moet jy vir hulle gaan onverskoning vra oor jou woorde…

Ek sit vanaand en terug kyk oor hoe baie ek gegroei het in die laaste jaar. Hoeveel ek nou weet dat ek 6maande terug eintlik ‘n aap was en hoeveel dinge ek moes leer… Daar is nog ‘n stuk berg om te klim maar ek hoor die view van bo af is asemrowend.

Jesus liefde

Ek

PS Love the sinner, hate the sin.

What do I love?

What do I hate?

What will I lose?

What will I gain?

How do I save my soul?

 What if I bend?

What if I break?

What will it cost?

 What will it take? For you to save my soul.

You say let it go, You say let it go

You say life is waiting for the one’s who lose control

You say You will be, everything I need

 You said if I lose my life it’s then I’ll find my soul

Let it Go- Tenth Avenue North

Aljander aljander so deur die bos

Aljander aljander so deur die bos

Waar in die grootwordproses verloor mens jou kindwees? Daardie deel van jouself wat als met onskuld in die oe staar… As kind was alle antwoorde eenvoudig. As grootmens redeneer mens al om die bos. Als is kompleks…

Dit laat my dink aan daardie “inkpads” wat die sielkundiges altyd gebruik. Die kopdokter hou hom op en as jy ‘n kind is sou jy se: Skoenlapper of sommer net vlek op ‘n papier. As grootmens wil jy eers weet hoekom moet ek vir jou se wat ek sien, wat gaan jy dan oor my aflei, dan eers sal jy se jy sien ‘n surrialistiese uitbeelding van ‘n reaksie wat bekend staan as metamorfose. En as jy daar uitstap hol jy steeds om en om die bos waaroor jy so graag redeneer.

Mens vergeet verskriklik maklik dat toe jy vir Jesus gevra het om jou laste te dra moes jy als oorgee en ophou om self daaraan te dra. Mens bly steeds bekommer oor alleen oud word en oor dat jy al een is wat sal agter bly. Ek dink mens moet besef Jesus herinner jou dat daar ander is wat ook saam met jou agter staan, en die wat verder op die lewenspad is draai elke nou en dan om om te kyk of jy ok is en vir jou te skree oor potholes wat nog kom.

Als is nie so kompleks soos ons dit maak nie, Jesus het dit belowe. Soms moet mens net weer onthou dat soms is dit net ‘n inkkol op ‘n witpapier en dat dit beter is om soos ‘n kind te glo… Maak nie saak hoe baie ons klein-grootmensies bang word vir die bos nie…

Jesus liefde

Ek

….

As the winter winds litter London with lonely hearts

Oh the warmth in your  eyes swept me into your arms

Was it love or fear of the cold that led us  through the night?

For every kiss your beauty trumped my doubt
And my  head told my heart “Let love grow”

But my heart told my head

“This time  no This time no”

Mumford&Sons- Winter winds

Lost at sea

Lost at sea

 
Kom ons se net die lewe is ‘n oseaan. Die ou wat gese het dis ‘n boks chocolates jok. Chocolates het goeie assosiasies aan hulle verbonde. Die lewe is soos die oseaan… Ons sit elkeen in ons eie skuit (roeiboot if you will). Soms voel dit of jy net een spaan gekry het en of Ike of Katriena, tsoenami of Jaws om jou wentel.
 
Die lewe is ook nie ‘n Roller coaster nie Ronan Keating… ‘n Roller coaster stop na ‘n sekere tyd verby is. Nee in hierdie lewe is jy die enigste insittende in die skuit in die oseaan. Die oseaan kan jou vasvang in sy asemrowend skoonheid, hy kan jou laat bid vir genade en hy kan jou laat wens jy is liewer ‘n walvis sodat die Chinese jou kan vang en klaarkry. Maar nou sit jy in hierdie skuit, roeiboot whatever, jy bid vir genade en hoe nader daai duinings kom hoe meer en harder bid jy, totdat jy op ‘n plek kom waar jy uit volle bors skree. Jy skree so hard dat jou longe brand, die trane loop en jy proe net soutwater, maar steeds hoor jy nie ‘n geluid nie. Al wat in jou ore weergalm, is die gebrul van die miljoene tonne stormagtige water om jou. Dit wil jou verteer, dit wil jou skuitjie uitmekaar skeur totdat net die geraamte van jou vorige self op die bodem gaan le.
 
Tog is dit in hierdie chaos wat jy gaan sit, luister na die Stem wat in jou binneste fluister. Jy dink dalk jy kan hom nie hoor in die kakofonie van wanorde nie. Hy is daar. Hy slaan teen die mure van jou binneste, oorverdowend hard…Bons rond teen die mure van jou binnekamer dat die frekwensie in jou tril.
 
Hy fluister vir jou hart kliphard: In  jou swakheid is Hy sterk… Daardie duinings lyk onoorwinbaar maar tog is dit net tydelik.
 
Wanneer die waters stil raak en die lig deur die donkerte breek, jou skuitjie stil stil van kant tot kant wieg soos die wiegie van ‘n onskuldige, wanneer daardie eerste sonstraal oor jou gesig streel.
 
Dis hier waar ek dink aan Moses. Hoe dit nie moes gevoel het toe hy by die rand van die rooisee gestaan het nie, ‘n onmoontlike taak voor hom. Slegs gewapen met ‘n staf en ‘n unwavering faith in ‘n God wat nooit teleurstel nie. Met een van die grootste weermagte van alle tye op sy spoor en menigde wat op hom vertrou om hulle te lei.
 
So as jou bootjie in die hawe le en wieg ,of jy is soos ek ,vasgevang in ‘n onbeskryflike duining… weet die God wat die dood oorwin het, wind en see stil gemaak het is alomteenwoordig. In die oog van die storm en ook in die dal van doodskaduwees…
 
Jesus liefde
Ek
….
In that moment of glorious surrender
Was the moment You broke the chains in me
Lifted out of the ashes
I am found in the aftermathAnd in that moment You opened up the heavens
To the broken the beggar and the thief
Lifted out of the wreckage
I find hope in the aftermath
- Aftermath deur Hillsong
 
 
 

Gloei wurms, slakke en skoenlappers

Gloei wurms, slakke en skoenlappers

 

 

Ek dink Sir Winston Churchill moes ‘n baie slim man gewees het… Gister het ek op ‘n baie unieke quote van hom afgekom…

“We are all worms, but I do believe that I am a glow worm”- Sir Winston Churchill

Insekte is dalk nie altyd die mooiste diertjies nie maar hulle speel ‘n broodnodige deel in die bestaan van alles wat lewe. In die sonskyn is skoenlappers baie mooi. Gloeiwurms? not so much… Ek dink tog hulle is mooi op hulle eie manier.  Maar as dit donker is, is dit ‘n ander storie. Dit bring my baie ‘n baie belangrike waarneming.

In die donker help beeldskoonheid jou niks nie want dan tel dit nie pune nie, en om ‘n slak te wees ook nie. Slakke is slymmerig so gaan mense nie net op jou trap, gly en boonop jou dop nog kraak ook nie? Wat dan van “n gloeiwurm? In die donker is jy helder verlig. ‘n lig in die donker het ‘n geneigdheid om ander na hul toe aan te trek.

So in kort is dit eintlik beter om ‘n gloeiwurm te wees as ‘n skoenlapper… Want as dit tel, het jy wat dit saak maak… ‘n helder lig wat skyn. In die donker is jy nie bang nie want jy kan nog sien, ander vind rus by jou want let’s face it…. Mens voel baie minder bang as daar tog ‘n lig aan is… Ek ken heelwat skoenlappers en gloeiwurms. Die skoenlappers is goeie mense maar dis tog die gloeiwurms wat die lewe die moeite werd maak

Jesus liefde

Ek

….

There is a light
It burns brighter than the sun
He steals the night
And casts no shadow
There is hope
Should oceans rise and mountains fall
He never fails

So take heart
Let His love lead us through the night
Hold on to hope
And take courage again

Take heart- Hillsong United

gedagte vir die dag

gedagte vir die dag

Hoe lyk jou masker?

 

Vannaad het ek nie wyse woorde van my eie nie. Ek het net die lirieke van my ringtone… Powerful stuff soos my sussies sou se…

Het jy al ooit gewonder wat gaan aan daar onder
Al die maskers wat die wêreld daagliks dra
Dit fassineer my altyd wanneer ek vinger wys
Na mense as ek sélf ‘n masker dra

Dink aan wat jy doen
En dink aan wat jy sê

-gedagte vir die dag. Straatligkinders
Dink aan wie jy is
En dink aan
Whoahoa
Whoahoa

Halwe waarheid is net so goed soos ‘n leuen
Moenie alles glo wat jy hoor nie
Jesus jy wil ons vashou
Al draai ons soms ons rug op jou
Jy bly hier en veg vir ons

Dink aan wat jy doen
En dink aan wat jy sê
Dink aan wie jy is
En dink aan
Whoahoa
Whoahoa

Dink aan wat jy doen
En dink aan wat jy sê
Dink aan wie jy is
En dink aan
Whoahoa
Whoahoa

erkenning is die eerste stap tot genesing

erkenning is die eerste stap tot genesing

Erkenning is die eerste stap tot genesing…

Hoeveel keer het ek dit nie al vir iemand gese as ‘n grap nie? Maar tog vanaand het ek besef ek het al baie lank vir myself gepreek sonder om regtig die boodskap te hoor.

Vannaand sal ek baie eerlik wees, Pynlik so maar ek moet dit deel. Ek het die afgelope tyd, kom ons se die afgelope jaar (2010) , stadig maar seker van God af weg begin beweeg. En vandag het ek besef hoekom. Dis nie een huge occasion wat jy net se: “Ok God, get out.” Dis klein dingetjies wat gebeur. Ek was te moeg om sommige aande bybel te lees, dis makliker om sondae by die huis te bly as om soveel moeite te doen vir ‘n uur se kerk. As iemand die Here se naam ydelik gebruik se mens maar liewer niks net om die vrede te bewaar. Ek het geskinder. Ek het stil gebly as mense van ander kerke, wat ek glo spot en ek het nogsteeds bly glo dit maak nie regtig saak nie. Ek het mense gekritiseer en gestenig sonder dat hulle dit eers besef( Hoeveel dinge het ek nie al oor ander uitgespreek net om myself te laat beter voel nie, dood en lewe le tog in die mag van die tong).

In kort, die ‘eie ekke” het geseevier. Maar vandag het ‘n wending plaasgevind. Ek het vanoggend heel toevallig besluit om bietjie na ‘n ou Retief Burger CD te luister. Dit was die eerste ding wat gebeur het. Dit het my laat tjank en my oe laat oopgaan.

2de ding was toe ‘n vriendin vir my ‘n geskenk gaan koop het oor ek so goeie invloed op haar was die afgelope jaar, Ek wou tjank. Dit was vir my erg want ek weet ek was al op tye in my lewe ‘n waaaayyyyy beter mens. OP daardie oomblik was die donker kolle op my siel vir my pynlik sigbaar. Ek se pynlik want dis tot in jou siel toe seer en jy voel SEER. 

Die geskenk was toevallig by CUM boeke in Menlyn. Daar gekom was ‘n boek op special vir R20. Soos ek vandag stukke uit die boek gelees het( sommer een van daai storieboeke wat iemand se oe oopgaan), het ek besef net hoe ver ek afgekeer het.Hoe verdwaal ek werklik is in hierdie tydstip in my lewe.

Vandag het my gewys hoe ver ek geval het en hoe lank ek bly le het op my rug en na die wolke bly staar het.

Maar vandag het my tot insig gedwing. Miskien as ek vroeer na die Heilige Gees geluister het, hoef God my nooit teen die kop hoef te geklap het nie… Maar dis nou verby. om jou lewe vir Jesus te gee beteken nie jy gaan nooit weer droog maak nie maar jy gaan wel elke dag dit jou doel maak om vir Jesus te lewe, uit volle bors. Nou staan ek op en ek loop verder… Te veel tyd is al reeds gemors.

Ek hoop hierdie struggle van my kan jou help, al is dit net met iets klein. Lees (luister verkieslik die Retief song) onder-aan.

Jesus liefde

Ekke

….

Seen die gebarsde lippe en die eenvoud in my stem

neem my verwarde hande na die kamer van U troon,

want my hart is koud en die trane is al droog gehuil

my siel verlang en die dors drup uit my gees

U is al wat ek begeer

die wereld kan kom, die wereld kan gaan

maar U sal ewig staan

U is alles en nog meer

en my hele wese smag na U Heer

Iewers tussen my en U het ek die vuur geblus

en emmer in die hand staan ek verslae en kyk

want my keel is seer en die lof het soos die reen verdwyn

ek’s moeg gesoek en nou wag ek op my God

en daarom weet ek daar is geen beter plek vir my

as U hier, U verlange en begeerte van my hart.

-Al wat ek begeer. Retief Burger

Bedreigde spesies en osse

Bedreigde spesies en osse

As jy vir my gesin of my vriendinne enige iets vra oor my verhoudingstatus, sal almal soos een man, vir jou sonder die geringste twyfel se… Gesoute raksitter. Dis ‘n vreemde term. As jy mooi daaroor dink is ek tegnies op 21 nog te jonk ( volgens my oudste sussie) om as ‘n raksitter geklasifiseer te wees. Eerlikwaar gese het ek self hier opgeklim.

Maar dis nie eintlik wat ek wou se nie.Ek is nou een van “daai” min single vriendinne. Gelukkig het my nie-enkellopende vriendinne en hul kerels hulle oor my ontferm. Hulle gee raad, lag nogsteeds vir my grappies en help as ek huil. Eintlik word die vriendekring dan net soveel groter? Dit het onlangs tot my aandag gekom dat die enkellopende meisie ietwat van ‘n bedreigde spesie word in my vriendekring. Eers het 2 gesoute raksitters afgeklim en daarna het 2 ander nie-enkellopende oor die T-woord begin praat. SO VAL DIE HELDE..

Tog dis waarna elke meisie uitsien van kleins af. Ons speel almal huis huis (okey meeste van ons) saam met die karretjies en cowboys-n-crooks. Dis so natuurlik as om jou ma se skoene aan te pas. Sommige van ons bereik net die mylpaal soveel vinniger as die res. Agter-os help eers al die ander trou.

Maar tog kan en nie help om te wil verduidelik hoekom van ons op die rak sit nie. Dis nie omdat ons onbeskikbaar wil wees nie, dis omdat jy Mr Right soveel beter van ’n hoogtetjie af kan sien. En op die rak kan jou tone nie in die water hang nie. High and dry soos die engelsman sal se. Ons sit hier bo en ponder. Bekyk die mensdom en leer uit die foute wat ons geliefdes in hul verhoudings maak.

So terwyl ek hierbo sit, droogtoon en gelukkig kan ek salig wag dat die een wat sy rib vir my geleen het my kom afhaal. Sonder enige verdere krapmerke van harde hande (daar is ongelukkig wel al ‘n paar van daai), afgestof en reg om gelukkig te wees. Ek bid nou dat God vir my een gee so na aan die Vaderhart. Een wat dink ek is Miss World al het ek perdryklere aan en my hare lyk of Orkaan Kathrina daar deur is. Een wat op die regte tydstip gaan kom wanneer die tyd reg is. Prins op ‘n witperd is ook nie nodig nie. My prins op die witperd het my klaar vrygekoop, so ek soek ook iemand wat nes ek ‘n vrygekoopte is? In die meantime gee ek nie om oor die view nie. Kyk is mos verniet :)

Jesus liefde

Ek

….

Middernagtelike gedagtes

Middernagtelike gedagtes

Hierdie is ‘n ou draft wat ek tog besluit het om met julle te deel… LW dit was 12h in die aand in die eksamen tyd,  ek kan nie eers onthou hoe ek gevoel het en wat die rede was dat ek dit geskryf het nie.

Die oorspronklike draft se naam was WARE Ek?

Ek sit nou hier en ek moet eintlik OPV Swot… Dis hierdie tyd wat die random gedagtes gewoontlik in my onderbewussyn ophoop…

Wanneer is mens die naaste aan jou ware self? Saam met wie? Diep dinge om te dink as jy veronderstel is om oor diversiteit te moet leer. Weet net jy werklik wie jy is en leer enige iemand ooit jou ken soos jy weet wie jy regtig is. Of sal hulle veraltyd net flitse van jou ware self ken?

Groei pyne

Groei pyne
soos mis voor die son, sal die ook verdwyn

soos mis voor die son, sal die ook verdwyn...

Ons kom almal naak in die wêreld in. Nes Adam en ook Eva na hom. In ‘n sekere mate kan mens ook dan seker sê dat ons nou nog naak is. Maar na geboorte verruil jy die fisiese naaktheid vir ‘n geestelike een. Jy staan voor die wêreld in jou birthday suit. Geen verweer teen die stokke en klippe wat die lewe na jou gooi nie. Tog leer ons hoe om uiters goed te “duck ‘n dive”.

Soos die stokke en klippe jou tref kry jy seer. Tog vorm daar dan ‘n roof. Daarna bly ‘n letsel agter. Jy kan dit sien, die mense wat die moeite doen om mooi te kyk kan dit ook sien. Dit herrinner jou aan woorde, gebeure en gevoelens wat nie altyd aangenaam is nie maar tog het die weefsel daar verdik, so as iets jou weer daar tref is dit nie meer soooo seer nie.

Ons lyk naderhand soos padkaarte van al die scars maar darem het jy dan ‘n padkaart om te weet waar al die potholes is. Ek wil nog baie oor die grootword proses en al sy drama en wonde skryf maar ek is nog op die langpad wat lei na volwassenheid. Sure die bordjie langs die pad kondig die feit dat ek nie meer so ver van my bestemming af is nie. Tog is daar nog ‘n entjie om te gaan en ek gaan paar potholes mis, swerve of net holderstebolder inval maar ek moet nog stap. Die kleure in my kop sal ek neersit sodra ek hulle in woorde kan omsit.

Vandag los ek julle met die song wat my tog laat dink aan die feit dat Jesus ons aanmoedig en coach op hierdie reis wat ons grootword noem.

Jesus liefde

Ek

….

Life is a mystery, everyone must stand alone
I hear you call my name
And it feels like home

When you call my name it’s like a little prayer
I’m down on my knees, I wanna take you there
In the midnight hour I can feel your power
Just like a prayer you know I’ll take you there

I hear your voice, it’s like an angel sighing
I have no choice, I hear your voice
Feels like flying
I close my eyes, Oh God I think I’m falling
Out of the sky, I close my eyes
Heaven help me

Like a child you whisper softly to me
You’re in control just like a child
Now I’m dancing
It’s like a dream, no end and no beginning
You’re here with me, it’s like a dream
Let the choir sing

- Madonna

Vrae oor ligte

Vrae oor ligte

Laas week was ek op ‘n begrafnis op Standerton… Vroeer daardie week het my ma my gevra of ek sal saam gaan na haar niggie se kind se begrafnis. Ek het ja gese want ek wou nie hê my ma moes alleen gaan nie. Maar om die waarheid te sê, maak begrafnisse my bietjie ongemaklik.

Oppad soontoe het ek net al die pad gemoan oor die toestand wat Mapumalanga se paaie in is. Daar gekom het ek angstig gewag vir my neef en tannie om daar aan te kom, want dis al siele wat ek goed ken in hierdie proses(Ek het darem die afgesorwene se ma en tantes ook ‘n paar keer gesien).

Maar soos die diens verloop, besef ek al hoe meer en meer dat my houding regtig sleg was. Ek wou dit net oor en verby kry, mens voel mos maar so oor sommige pligte. En so kry ek myself dat ek daar in die middel van die diens sit en dink oor die dood( begrafnisse het daardie effek op mense).

Die dood is vir baie mense ‘n groot “no-no”. Charesmate dans nou nie helemal op daardie tune nie. Nee wag, dis nie reg nie. As wedergebore kind van Jesus dink mens nie so nie. Dis een van die beste ervaringe, die dag wat jy besef jy vrees nie die donker nie. Die lewe is tog net tydelik. En as jy Jesus gekies het gaan jy verewig lewe! Die dood is jou reis huistoe na ‘n verlengde verblyf op aarde.

Maar waaraan ek vandag die meeste gewonder het is, wat vat ek saam? Hoe lyk my spaarrekening in die Hemel? Het ek meer skate op aarde as in die hemel? Dit sal regtig sad wees aangesien ek maar finansieel arm is. Maar daar is nog iets. As ek more of oor 5 minute huistoe gaan, gaan my vriendinne ook agterna kom as hulle uurglase leegloop? Hulle is tog aan my gebind. Dele van my siel in ‘n ander vleespakkie.

Daar is sekeres wat ek weet gaan eendag saam my heel voor staan. Ons gaan aan die punt van die troon staan en God se naam verheerlik. Maar wat van daai wat se liggies nie so helder skyn nie? Die wat hul ligte onder die sprekwoordelike maatemmer gesit het?

Steek jou lig ander s’n aan? En kan ander die lig in jou oe sien?

As jy die vlug na die anderkant van die maan neem, hoeveel van die mense wat jy lief het gaan jou volg? Die wie jy lief is is tog die wat jy die maklikste en mees gereeld behoort aan te raak.

Aan die einde van die dag is al die ander goed net ‘n gejaag na wind…

Jesus liefde

Ek

….

Net raaklings oor my hare het gestryk

die wind van Sy vleuelslag, en Sy skaduwee

was koelte rondom my; ek kon nie kyk

of Hy vernietiging of lewe gee,

ek kon geen laaste, dapper woorde vind;

ek’t net gebuig, en om my was ‘n wand

van vrees, tot ek kon luister, glad verblind,

Hoe Hy ver weggeruis het oor die land.

Maar toe die vrees gewaai het van my oe,

het alles nut gestaan, van vreemde smart

deuraar en diep verbind deur alle tyd;

groot liefde was in my, en mededoe,

en wete van die duistre in ons hart,

want alles was deurweek van sterflikheid

 

Aanraking van die dood- NP van Wyk Louw