Wanneer pynappelbier in jou gesig ontplof

Daar is min dinge so surrealisties soos die dae wat ontploffings om mens afgaan soos n Mosambiekse mynveld tydens n stormloop.
Vooraf kan mens die idilliese eilandstilte hoor ontspan, goggatjies vrolik hoor zoem. Die palmblare, effe gedroog aan die punte, swaai lui-lekker in die sonstraalsoen oggend lug. Heel lekker man.

En dan soos ontploffings maar onvoorspelbaar van nature is, gebeur dit sonder waarskuwing of sein.

Interessante ding van tuisgemaakte pynappelbier. Ruik ongelooflik lekker aan die begin, vol beloftes van ontspanning en samesyn in n tydperk van geforseerde rus. Gevul met soet dinge, ontwerp om jou genot te gee en gesellige vrede te ontketting. Tog verander al hierdie dinge met te veel stilsit, te veel druk in n tydbom.

Die nagevolge van die prop wat afkom en borrelende massas gefermenteerde pynappelskaafsels wat vir maande onder druk was in n plastiekbottel in die yskas. Na die tyd is die onspannende faktor redelik uitgeput en jy wonder of jy ooit weer die reuk uit jou huis of hare sal kry.

So maak die lewe maar met sy ontploffings. Ek is vas oortuig die duiwel skud ook bietjie aan die bottel in die oomblikke wat jou rug gedraai is. In die na-oomblikke probeer te swak hande tevergeefs weer die prop terugdruk om die borrelende massas tot bedaring te laat kom.

Dis in hierdie oomblikke waar jy tussen histeriese huil en histeriese lag wankel dat GENADE seker die grootste faktor is.

Na die tyd, mop en jik in die hand, sukkel-sukkel om die reuke uit die grout te hou, besef mens hoe afhanklik jy van God is en net Hy kan keer dat die reuke nie aan jou siel vasklou nie. Die mens is geneig om steeds die reuk te ruik al het dit in die werklikheid weer tot bedaring gekom, weggevee deur die terugkeer van die sonstraalsoen oggend lug. Of dit dieselfde oggend se lug sal wees twyfel ek , maar to put your whole trust in the truth of the Lord, daaraan twyfel ek nie.

Jesusliefde
Ekke

Saturday was silent
Surely it was through
But since when has impossible
Ever stopped You
Friday’s disappointment
Is Sunday’s empty tomb
Since when has impossible
Ever stopped You

Aan my sielsgenoot

Hoe beskryf mens ‘n persoon wat vir jou meer beteken as die lewe self? ‘n Persoon wat sy seun se lewe in ruil vir joune gee? ‘n Persoon wat ‘n heelal vorm deur net ‘n gedagte vry te laat? Hoe het hierdie persoon my so innig lief?

Vanaand word ek weer oorval deur Genade. Genade onbeskryflik groot. Genade wat oor my vloei soos ‘n lentebries met die volle mag van ewigheid in sy gevolg….

Dankie dankie dankie Jesus vir hierdie ongekende seën en onverdiende guns. Vir my beste vriend wat my hart se spieëlbeeld is en my legkaart se lyne na ‘n punt op ‘n padkaart draai. Dankie dat U ‘n stukkie van uself vir my leen in hom.

Here Jesus, U is my toevlug, my bron van hoop en my eerste, grootste liefde.

U wat is, U wat was en U wat vir altyd sal wees. Ek sien uit na die dag wat ek my hande op U wange kan sit en ‘n piksoen op U voorkop kan sit. Tot dan sien ek U in die roosknope in my tuin, in my orgidieë wat aanhou blare stoot al het  El Nino gate in hul blare gebrand, in my swart hondekind en in my man se hart.

Naam bo elke naam en beminde van my hart… Ek is onherroeplik onlosmaakbaar deel van U. Dankie dat ek ‘n ewigheid in U teenwoordigheid mag vertoef.

Jesusliefde

Ekkedb54f6aec86fdd0624af13bbc4468848

From my mother’s womb
You have chosen me
Love has called my name
I’ve been born again
Into your family
Your blood flows through my veins

Bethel music- No longer a slave

Wynand

image

Voel of ek n punt van Jesus se kleed kon vasvat. Ek het n man gekry wat se kompas na ware noord wys. Ek weet jy is nie perfek nie, maar jy laat my dink aan daardie mans wat nog ridders was en n draak vir n meisie sal laat sneuwel… n Sackett man

Vandag oor twee weke is ek en jy amptelik getroud. Die toekoms maak my so opgewonde dat my binneste voel of dit kan ontplof.

Jy is soveel meer as waarvoor ek ooit kon kon vra of van kon droom. Vir die eerste keer verstaan ek hoe Eva moes gevoel het toe sy die eerste keer vir Adam gesien het. Dit moes n gevoel van tuiskoms gewees het. Asof jy n stuk van jouself in iemand anders herken.

Jy laat my veilig voel, jy laat my belangrik voel, maar heel belangrikste, jy laat my werklik bemin voel.

Oor 80 jaar van nou af sal ek steeds vir jou lê en kyk terwyl jy slaap en die bewondering van God se genade sal steeds soos n somersbriesie oor my vloei.

In Sion se voetheuwels…

image

Dis hier op die bergtop waar ek sit en rus vir ‘n oomblik in die wedloop. Soos ek uitkyk op die vallei van die pad wat ek mee gekom het tref die werklikheid van die sonsopkoms my soos n vuishou tussen die oë.

Here Jesus is dit hoekom U soveel keer vir my nee gesê het en hoekom ek soveel keer wou weet en dan is dit stil? Die wete dat U planne te groot was vir ‘n kinderlike hart om te kon verstaan.

Soos ek na die kleure van die sonsopkoms staar oorweldig die gevoel in my hart. Soos ‘n brullende golf oorweldig die immensity van U ongelooflike genade my.

Wie is die mens dat U vir een persoon soveel moeite en seën beplan?

Nou dat ek hier bo staan en vir die eerste keer kan terugkyk na die vallei daar onder en die kronkel draaie van die pad waarmee ek hier uitgekom het. Dis hier waar ek besef dat my visie te klein was en dat U planne op ‘n groter skaal was as my drome.

Tande, toetse en tiere

Leeutemmer

Om met kinders te werk moet jy vreesloos wees…

Jy staan in die middel van die hok. Buite die tralies blêr die vrolike karnavalmusiek hipnotiserend hard. Die toeskouers hou jou skepties, tog gefasineerd dop.

Hier waar jy in die middel van die aksie, met die kollig op jou staan, pêrel die sweetdruppels op jou voorkop.

Voor jou sit die roofdiere, elk op hul skarlakenrooi pedestal. Die geel oë volg jou elke beweging en hou jou berekend dop. Een nalatige oomblik en jy sal moet hoop dat jou swepie die mas kan op kom.

Hulle kan vrees ruik, swakhede uitbyt en emosies bespeel soos Carlos Santana sy kitaaar.

Tog sal jy dag na dag terugkeer na die arena en weer die wilde diere aandurf. Daar is prag in hulle bestaan en elk bied sy eie beloning.

God het belis ‘n sin vir humor. Dit sien jy baie vinnig wanneer jy besef dat jy geroep is om ‘n leeutemmer te wees. Of soos ons hom sommer in volksmond roep, ‘n juffrou.

I don’t wanna be another wave in the ocean
I am a rock not just another grain of sand
I wanna be the one you run to when you need a shoulder
I ain’t a soldier but I’m here to take a stand

Because we can- Bon Jovi

Jesus liefde

Ekke

Vroeg herfs

Tussen twee paaie, op ‘n vroeë herfsoggend, sit ‘n juffie in haar donker klas die wêreld en bepeins. Die grootste kwessie op vandag se agenda: Wanneer het ouderdom die maatstaf vir groei geword?

Op 23 moet jy klaar studeer wees, met die wêreld se kennis en selfvertroue met eerste probeerslag jou droompos klink.

Op 24 moet jou “exterior” vlekkeloos en eksie-perfeksie na die wêreld gedraai wees, geen teken van sukkel. Waaroor het jy tog ‘n bekommernis in so jong bestaansjaar?

25? Hah… maak vas jou sitplekgordel en sit op jou mus. Om krake toe te messel word makliker met tyd. Blink kant na bo gedraai en die maalklok van grootword netjies toe onder ‘n skyn van geluk…

26, my ou vriend, hou jy genade vir ‘n siel in of net nog pleisterwerk?

Daar is één heerlikheid: U sien;
daar is één rus: om U te soek;
Om nie te weet- dit is U seën;
Om te vind- dit is U vloek.
In waarsin het ek gevra- N.P van Wyk Louw

image

Reën, rou en rosyntjies

Vêr, in ‘n afgeleë hoek van my hart, strek ou grafte van bakboord na stuurboord. Gevul met die drome van kindwees en die verwagtinge van ‘n onskuldige… Langs so een graf staan jy vandag en staar die verte in. Bos wit rose in die een hand, ander hand lusteloos langs jou sy.

Wat het gebeur dat kinderdrome vervaag en krimp soos ‘n somersdruif na ‘n rosyn?

Grougrys reëndae ontketting onrustigheid in selfs die mees opgewekte hart. Soms moet mens seker bietjie nabetragting gaan hou oor als wat jy in vlak grafte prop.

Die kryger, die uitklophou en die Afrigter

ImageDie lewe word baie keer beskryf as ‘n pad. Een met baie kurwes en soms ‘n plek waar jy ‘n onbekende rigting in moet vaar. Ander kere kom jy op ‘n plek waar jy eers ‘n brug moet bou om aan te kan vorder.

Persoonlik dink ek die lewe is meer soos n boksgeveg. Contrary to popular belief, begin ‘n boksgeveg nie die aand van die geveg nie. Ohhh nee… Hy begin wanneer jy besluit jy het iets wat die moeite werd is om voor te veg. Jy oefen soos ‘n besetene om gereed te wees. En dan gebeur dit…

Die ligte is verblindend oppad kruit toe. Die toeskouers oorverdowende hard. Hier en daar laat jou opponent se ondersteuners jou twee keer dink oor die statistieke. Wanneer jy oor daardie tou klim is dit te laat om om te draai. Serimonieel word jou gewig voor die wêreld uitgebulder. Wat as jy geweeg is, gereed is, maar tog te lig gevind word?

Jy hoor jou eie voetstappe na die middel van die kruit, kyk jou opponent vierkantig in die oë en vir ‘n oomblik is dit die spieëlbeeld van emosies wat maalklolk in die kamers van jou eie hart… Julle raak mekaar se handskoene en dan lui die klok…

Soos twee grashalms in die wind, wieg en waai die twee lywe om en weer, na en weg van mekaar. Toets-toets die ander se reaksie en weeg die opsies. Die houe begin liggies uitgeruil word en dan raak dinge ernstig… Jy is hier vir n doel, nie om sondagmiddag te piekniek nie. Die minute loop soos heuning uit ‘n bottel….

‘n Paar rondtes in begin jou eie lyf jou bedrieg, deur die bloed staar jy soos met n rooi lens.  Die klok lui, jy gaan sit op jou stoeltjie in jou hoek, fluister vir jou afrigter:” Kan ons nie maar vlug terwyl ons voor is nie? Daar sal nog ander gevegte wees.” Die Afrigter bly ‘n oomblik stil, “Jy is gemaak vir hierdie oomblik, elke oomblik van hierdie geveg is beplan en sal tot die toekoms loop.” Dan staan jy op en soos twee krygers, kyk jy en die lewe mekaar solidly in die oë… vandag gaan net een van ons oorwinnend huistoe…

As daar een ding is wat ek in die laaste paar maande van my lewe geleer het, is dit dat jy shots op die kake gaan kry. Die “opsionaliteit” kom in wanneer jy moet besluit om weer op te staan, anders het jy nooit ‘n kans op ‘n uitklophou nie. Ons is almal in hierdie geveg om te wen…

Jesus liefde

Ekke

xxx

Oh, take these stones away
Start a brand new story.
I’ll make it through each day
Singing death or glory.

Lostprohpets- Where we belong